LET WEL: Die KragDag kampeerterrein is 'n privaat inisiatief en nie deel van die amptelike reëlings deur die It's Time organiseerders nie.

Drie kampeer opsies is beskikbaar om voorsiening te maak vir behoeftes wat wissel van redelik selfversorgend tot akkommodasie in ons ingerigte tente.

Kampeerders kan vanaf Donderdag 25 Oktober hulle intrek neem en moet teen Maandag 29 Oktober die terrein ontruim.

Dit is belangrik dat kampeerders voor 17:00 op Vrydag 26 Oktober inboek anders kan die It’s Time verkeersreëlings verhoed dat kampeerders by die terrein uitkom.

map
Klik HIER vir Google kaart padaanwysings.

Kamp A - Veldkamp

Kampeer op 'n ruim standplaas in ons veldkamp (R200 per standplaas per nag)

  • Grootte van kampeerstandplaas: 10m x 8m
  • Maksimum een woonwa of twee tente per standplaas.
  • Maksimum een voertuig per standplaas.
  • Geen elektrisiteit.
  • Water is op die terrein beskikbaar, maar kan tot 250 m van die standplaas wees.
  • Kampeerders moet eie swartsakke vir hulle eie rommel (ingesluit sigaretstompies) saambring – vol swartsakke kan in grootmaat vullishouers op terrein gelos word by vertrek.
  • Warmwater stort- en toiletgeriewe is beskikbaar.
  • Terrein veiligheidswagte.

Kamp B – Ekspoterrein

Kampeer op die KragDag ekspoterrein (R200 per standplaas per nag)

  • Grootte van kampeerstandplaas: 5m x 8m (helfte van Veldkamp standplaasgvrootte)
  • Maksimum een woonwa of twee tente per standplaas. (Bespreek asseblief tweede standplaas indien woonwa nie op een standplaas inpas nie.)
  • Maksimum een voertuig per standplaas.
  • Terreinbeligting gedurende die aande.
  • Elektrisiteit. Kragunt binne 20m of via 'n kampbuurman beskikbaar – bring eie verlengkoord (en multiprop).
  • Water binne 50m van enige standplaas.
  • Kampeerders moet eie swartsakke vir hulle eie rommel (ingesluit sigaretstompies) saambring – vol swartsakke kan in grootmaat vullishouers op terrein gelos word by vertrek.
  • Warmwater stort- en toiletgeriewe is beskikbaar.
  • Terrein veiligheidswagte.

Ingerigte tente – Ekspoterrein

Slaap oor in 'n ingerigte tent op die KragDag ekspoterrein
(R650 per tent per nag - minimum bespreking van twee nagte)

Ingerigte Tent
  • Grootte van kampeerstandplaas: 5m x 8m
  • Ingerigte tent word verskaf met twee beddens en basiese beddegoed.
  • Maksimum een voertuig per standplaas.
  • Terreinbeligting gedurende die aande.
  • Elektrisiteit. Kragpunt binne 20m of via 'n kampbuurman beskikbaar – bring eie verlengkoord (en multiprop).