![]() |
Diamantvallei / KragDag Kampeerterrein
|
LET WEL: Die KragDag kampeerterrein is 'n privaat inisiatief en nie deel van die amptelike reëlings deur die It's Time organiseerders nie.
Drie kampeer opsies is beskikbaar om voorsiening te maak vir behoeftes wat wissel van redelik selfversorgend tot akkommodasie in ons ingerigte tente.
Kampeerders kan vanaf Donderdag 25 Oktober hulle intrek neem en moet teen Maandag 29 Oktober die terrein ontruim.
Dit is belangrik dat kampeerders voor 17:00 op Vrydag 26 Oktober inboek anders kan die It’s Time verkeersreëlings verhoed dat kampeerders by die terrein uitkom.